Wegraak, terug gaan en als regmaak. Weer proebeer, ‘n tweede keer, drome kan mos waar word. Weer te laat, spyt kom net wanneer hy wil. My pen lê in gedagtes en hy’t alles verlos wat reg is en als tussen in maak my kwaad!
Skibbel, skrabbel, vee en krap dit uit. Fluit, fluit die storie word toe gesluit.
Terug praat, mens se tong is somtyds biekie te glad. Jou woorde word skerper en hardloop vir jou weg en gaan skuil dan agter iemand se hart. Dan lê die engele weer en vloek en die duiwels weer en lag. Paranoid word jou enigste maat en spyt kom altyd net te laat!
Krokedil trane rol weer oor jou wange, dis die byt wat jou bang maak en die spyt wat aan jou eet..
Daarna kom die vraag: “Wat as amal uitvind en amal begin praat?” Vingerwys is ‘n sonde maar sonde bly ‘n vraat,
Dit vreet jou, vreet jou op. Sodra jy opstaan en vergeet stamp jy weer jou kop… Hou kop, baby hou net was.. Al sal “secret” jou stalk en jy wens jy die vals net kan weg smyt!!!
Dit bring my tot een punt . . Nee nie ‘n kolletjie nie, Hierdie een – SPYT IS EVIL, PASOP VIR HOM… SLUIT JOU DEURE EN MOET NOOIT DAT HY OOR JOU PAD LOOP NIE WANT PARTYKEER WEET HY REGTIG NIE HOE OM TE STOP NIE!!!!!
