Gister kuier ek by ‘n vriendin, ‘n blonde een!!! Baie onsteld vertel sy my die volgende storie!!!! Skreeu snaaks!
Sy sit nog so lekker en tv kyk toe ‘n man van die munsipaliteit aan haar deur klop en sê ” More mevrou, jammer om te pla, is U de Bruin?” “Ja” sê sy…”Ek is mev. de Bruin, waarmee kan ek help?” ” Mevrou, U is ‘n maand laat” sê die man heel kalm… “Wat? ‘N MAAND LAAT? Wag ek gaan dit eers met my man bespreek as jy nie omgee nie” “Seker..” Sê die man en is toe daar weg.
Haar man kom toe die middag by die huis… Sy vertel hom toe van die insedent en baie moerig vlieg hy daar by die munisipale kantore in… Nou moet julle weet, haar man is ‘n lekker befokte mens ne!! (Letwel: Hy is ook ‘n blonde kop)
“Hoe de vok weet julle my vrou is ‘n maand laat?” skree hy…
“Meneer, asseblief kalmeer, dit wys op ons rekenaars.” Proebeer die dame verduidelik.
“Op julle vokken rekenaars? Hoe de doner? Van wanneer af is hier voken dokters by ‘n munsipaleteit?” Skree hy weer.
“Meneer, ek verstaan nie lekker wat jy bedoel nie maar as jy nie gaan betaal nie sal ons maar moet afsny!”
“AFSNY?” vra die man verward..”Wat dan nou van my vrou?”…
(my vriendin sê sy kon sweer haar man staan daar met trane in sy oë, en hy is ‘n groot man!)
” Wel meneer, sy sal dan maar ‘n kers moet gebruik!”
Shame!!! Anneke was in ‘n toestand, sy het alreeds vier kinders en sien nie kans vir ‘n vyfde een nie, ag jinne en dan kan ek nie eers vir julle sê hoe sy gehuil het oor die kers nie, en Shane een moerse brombeer, jy kon met hom toor!! Dit het my amper ‘n uur gevat om hulle te verduidelik wat die mense bedoel het…
Dank Vader my krag is op datum!!